Stephanus Grobler gaan onskuldig pleit op aanklagte

Lees ook :

Stephanus Grobler gaan onskuldig pleit op aanklagtes
Stephanus Grobler gaan onskuldig pleit op aanklagtes fotokrediet: Canva

Lees ook: Stephan Grobler uit op borg

PRETORIA. – Stephanus Grobler, die voormalige hoof van die Steinhoff-regsdepartement, is op borg vrygelaat.

Hy het gister in die Pretoria- gespesialiseerde misdaadhof verskyn op aanklagte van bedrog, die oortreding van die Wet op Finansiële Markte, die Wet op die voorkoming van Georganiseerde Misdaad, die Maatskappywet en die Wet op die Voorkoming van Korrupte Aktiwiteite.

Stephanus Grobler en Markus Jooste het hulle glo tussen 2014 en 2016 oortredings in die Steinhoff-groep skuldig gemaak. Dit het te make met dokumente wat bedrieglike transaksies ondersteun het om finansiële state te manipuleer. Sy medebeskuldigde, Markus Jooste, voormalige Steinhoff-hoof, het Donderdag glo sy eie lewe geneem.

Grobler het gister in ‘n beëdigde verklaring gesê hy gaan onskuldig pleit en sy onskuld bewys. Grobler is op R150 000 borg onder sekere voorwaardes vrygelaat.

Die regter het gesê hy moet Maandae en Vrydae aan die Brooklyn-polisiestasie rapporteer. Hy moet ook sy paspoorte aan die ondersoekende beampte oorhandig en mag nie ‘n nuwe een kry nie.

Grobler moet sy twee vuurwapens aan die polisie oorhandig. Die hof het beslis hy mag nie Gauteng verlaat sonder om die ondersoekbeampte in te lig nie. Hy mag ook nie met staatsgetuies inmeng nie.

Die saak is tot 26 Junie uitgestel.

Bronne: SAPD

Lees ook: Stephan Grobler uit op borg

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief