Lees ook: Prinses Kate het kanker
VK. – Prins Harry en Meghan het op dieselfde tyd as die publiek op die nuus uitgevind prinses Kate is met kanker gediagnoseer.
Hulle het kort na prinses Kate se bekendmakingsvideo ’n verklaring uitgereik. In die verklaring word gesê hulle “wens Kate en die gesin gesondheid in privaatheid en vrede toe”.
Verskeie koninklike kenners het gesê prins Harry en Meghan het “geen reg gehad om te verwag hulle moes voor die res van die wêreld daarvan uitvind nie”.
Ander kenners het gesê die Sussexe se boodskap kan moontlik lei tot ’n versoening tussen die koninklikes. Harry het in Februarie na Engeland gereis na die nuus van koning Charles se kankerdiagnose bekend geword het. Hy het voorheen gesê hy wil graag ’n verhouding met sy familie hê.
Ronne: Express, The Sun, CBS News
Lees ook: Prinses Kate het kanker