NOORD-KAAP, SUID-AFRIKA. – Die Noord-Kaapse departement van gesondheid vra hulp om die naasbestaandes van ’n manlike pasiënt van ongeveer 38 op te spoor.
Volgens hulle was hy op 2 Maart 2024 in ’n motorongeluk en is hy in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley opgeneem. Geen inligting kon vanaf hom gekry word nie, omdat hy geïnkubeer moes word.
Enigiemand wat hom herken, kan die maatskaplike eenheid van die hospitaal by 067 452 0468 of 053 802 2703 kontak.

Bron: NCDH





