KEMPTONPARK, GAUTENG. – Juweliersware ter waarde van R4 m. is Woensdag tydens ’n gewapende roof by ’n juwelierswinkel in die Festival Mall in Kempton Park gesteel.
Nege gewapende mans het na bewering die winkel se veiligheidsdeure oopgedwing en die vertoonglas van die toonbanke gebreek. Hulle het met ’n groot hoeveelheid juweliersware gevlug.
Volgens sers. Dipuo Ditshego, woordvoerder van Kempton Park-SAPD, is geen skote afgevuur nie en het die mans in ’n onbekende motor weggejaag.
Enigiemand met inligting oor die voorval kan die Kempton Park-polisiestasie by 011 396 6811 kontak.
Bronne: Arrive Alive, Truck and Freight, Twitter





