Jacob Zuma in motorongeluk, man in hegtenis

Lees ook :

Fotokrediet: Op lêer

KWAZULU-NATAL. – Voormalige president Jacob Zuma was Donderdag omstreeks 18:40 op die R66 in ‘n motorongeluk.

Die bestuurder (51) in die ander voertuig is op aanklagte van dronkbestuur en roekeloos- en nalatige bestuur in hegtenis geneem.

Brig. Athlenda Mathe sê die man se voertuig het met dié van die voormalige president se gepantserde staatsvoertuig gebots. Zuma en lede van die presidensiële beskermingsdienste (PPS) was in die voertuig en is ongeskonde van die toneel ontruim en na sy huis toe gevat.

Die bestuurder van die ander voertuig is in aanhouding en sal na verwagting Dinsdag in Eshowe-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief