Verdagte in Brandvlei-moordsaak kry borg

Lees ook :

Verdagte in Brandvlei-moordsaak kry borg. Foto's: Facebook

BRANDVLEI, NOORD-KAAP. – Shupren Ouers (19), die verdagte in die moord op Hesty-Ann Green (18), is Vrydag R2 000 borg toegestaan.

Hy mag nie met getuies in aanraking kom of hulle intimideer nie.

Green se naakte liggaam is op 31 Desember 2023 in ’n verlate kleuterskoolbouval ontdek nadat sy die vorige nag by ’n partytjie was. Green is op 8 Januarie by sy werksplek in Kaapstad in hegtenis geneem.

Volgens Nikolas Swartz, Green se oom, is hulle baie ongelukkig oor die borgtog. “Die familie voel baie ongelukkig oor die toestaan van die borg. Ons weet ook dat hy geregtig is op dit volgens wetgewing.”

Hy meen hulle is tans in die duisternis oor wat regtig aangaan en hoe ver die ondersoek vorder. “Ons as familie is steeds seer en rou van binne. Niks kan die pyn en verlange stilmaak na Hesty-Ann se heengaan nie.”

Ouers se volgende hofverskyning is op 21 Mei 2024.

Nuusflits het oor haar moord berig.

Bronne: Isaac Cloete Facebook-blad, Nikolas Swartz

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief