Facebook-Marketplace ‘eis broers se lewens’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Aaron Alberts (19) en Kyle Alberts (30), twee broers van St. Albans, is Saterdag in Motherwell doodgeskiet nadat hulle glo ‘n televisiestel wat op Facebook-Marketplace geadverteer was, wou koop.

Kol. Priscilla Naidu sê die broers is onder valse voorwendsel na Cerustraat gelok waar hulle beroof en doodgeskiet is. Na bewering het hulle navraag oor die geadverteerde televisiestel by die adres wat voorsien was gedoen. Die inwoners het glo geen kennis van die advertensie gedra nie. Naidu sê hulle was steeds by die adres toe twee verdagtes hulle na bewering nader, van hulle selfone, geld en voertuig beroof en doodskiet.

Die voertuig is later gevind. Indien enigiemand inligting van die dubbelmoord het, kan hulle speur.kapt. Monde Stihole by 082 457 2812 bel.

Naidu sê die polisie in Nelson Mandelabaai is bekommerd oor die sinnelose moorde en waarsku die publiek om versigtig te wees met aanlyn transaksies wat op sosiale media adverteer word. Geloofwaardigheid van ‘n verkoper moet nagegaan word en transaksies moet in ‘n veilige omgewing uitgevoer word.

Gen.maj. Vuyisile Ncata, die distrikskommissaris van NMB, het die volgende raad: “Never tread on unfamiliar territory. This is not the first time that people have fallen victim to such scams however this is the first that lives were lost. We are urging people to report to the police station and request police to accompany you instead of going on your own. There are hotspot danger zones which should be avoided. Our hearts go out to the families and loved ones of the victims during this difficult time. We are committed to pursuing justice for the victims and ensuring the safety of our community.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief