OOS-KAAP. – ‘n Man (46) is in hegtenis geneem vir die moord op sy vrou (43) Donderdag in Mount Arthur se administratiewe area.
Kapt. Namhla Mdleleni sê die man het hom daarna aan die polisie oorhandig.
‘n Vrou is op die toneel deur die polisie met veelvuldige beserings in ‘n plas bloed aangetref.
Mdleleni sê die motief vir die moord word ondersoek. Die verdagte sal in Lady Frere-landdroshof verskyn.





