NOORD-KAAP. – Romeo van Wyk (27) is Vrydag deur die Carnavon-streekshof ‘n opgeskorte vonnis opgelê, nadat hy sy peuter (2) fisies aangerand en teen ‘n muur gegooi het.
In ‘n aparte saak is Bianca Neels (26) vir poging tot moord gevonnis nadat sy haar kleuterseun (4) aangerand en erge beserings veroorsaak het.
Sers. Timothy Sam sê op 9 September 2023 het Van Wyk en Neels ‘n argument gehad waartydens die peuter teen ‘n muur gegooi is. Sy ma is ook aangerand.
Van Wyk het ‘n opgeskorte vonnis van ses jaar tronkstraf, wat in geheel vir vyf jaar ogpeskort is, gekry. Sam sê hy mag gedurende die opgeskorte tydperk van vyf jaar nie enige verwante misdaad pleeg nie.
Neels is in die ander saak direk tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.
Beide die beskuldigdes se name word in die nasionale register vir kinderbeskerming aangebring en is onbevoeg om vuurwapens te besit.





