Lees ook: Nog reën vir die week voorspel
JOHANNESBURG.- Stad Johannesburg het gemeenskappe en geloofsgroepe gevra om weg te bly van riviere en waterstrome in vloed.
Die Stad het gevra inwoners moenie deur riviere of strome probeer loop terwyl dit so swaar reën nie. Swaar reën en sterk winde is vir verskeie provinsies voorspel wat eers later vandag of môre sal begin opklaar.
Geloofsgroepe besoek soms riviere wanneer dit oorstroom is om mense te doop. Die Stad het gevra mense moet asseblief wegbly van die water af. Altesaam 14 verdrinkings tydens doopgeleenthede in oorstroomde riviere is in 2022 aangemeld.
Bronne: IOL, The Africa, Ghanamma
Lees ook: Nog reën vir die week voorspel





