NOORD-KAAP. – Die man in die video van Velile Hesi, gister gedeel, waar hy in Beaconsfield in Kimberley in ‘n duikweg bo-op sy motor se dak sit, is deur ‘n weldoener gered.
In die boonste video kan gesien word hoe ‘n weldoener deur die water tot by die motor beweeg en dan die vasgekeerde man van die dak af tel en tot in veiligheid dra.
Agnes Molema het in kommentaar op die plasing op Sol Plaatjie Community Forum gespot en gesê die man wat vir hulp gewag het, is dan langer as sy weldoener.
Bron: Veli Hesi-video’s en Sol Plaatjie Community Forum





