WES-KAAP, SUID-AFRIKA. – ’n Vrou (22) is dood nadat sy Sondagaand in die berg by Wemmershoek tussen die Paarl en Franschhoek geval het. Sy was deel van ’n professionele groep wat indringerplante uit die gebied verwyder het.
Volgens Wilderness Search and Rescue (WSAR) was die groep besig om bergaf te beweeg om skuiling teen die stormweer te soek toe die vrou geval het.
Reddingspanne het teen die berg af gestap om haar te bereik. Sy is met hulle aankoms op die toneel dood verklaar. Haar liggaam is weens gure weer eers Maandagoggend gehaal.
Bronne: WSAR, Facebook





