Kleinbrakrivier-monding kry massas water

Lees ook :

Kleinbrakrivier-monding kry massas water. Skermgrepe: Cinematic Travel SA

KLEINBRAKRIVIER, WES-KAAP. – Die Kleinbrakrivier-mond wat die see noord van Hartenbos ontmoet, is ’n duidelike bewys van die swaar reënval wat die afgelope paar dae geval het.

’n Video wat deur Cinematic Travel SA op sosiale media geplaas is, wys die massiewe hoeveelheid water wat in die see uitmond. Voorbereidings vir die hoë afloop is ’n paar dae vantevore gedoen deur kanale deur stootskrapers te grou.

Inwoners is gewaarsku om van die hoë walle langs die monding weg te bly, aangesien dit noodlottig kan wees indien mense daar inval.

Kyk die video hier.

Bronne: Cinematic Travel SA, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief