Deelnemers sê hul sê in Op My Eish!

Lees ook :

Deelnemers sê hul sê in Op My Eish!. Foto: Terloops

In die reünie-episode van Op My Eish! wat Donderdag uitgesaai is, het die vroue behoorlik hulle harte uitgestort.

Al die vroue behalwe Christine het die uitnodiging aanvaar om deel van die episode te wees. In die episode is daar teruggekyk na die afgelope vyf maande en die tydperk wat die reeks opgeneem is.

Sonel se flankeerdery word bespreek. Sy hou vol dit kom natuurlik vir haar. Brendan erken weer Natasha het hom elke dag met haar spitsvondigheid verbaas. Rachelle se briefies wat sy geskryf het, veroorsaak ’n debat.

Katja noem al die deelnemers kon van die begin af die onmiddellike band tussen Brendan en Janae sien, selfs al het die kameras nie gerol nie. Nadia verklap sy sou niks anders gedoen het as sy dinge weer kon oor doen nie.

Die vroue verklap ook meer inligting oor die tyd op Clarens toe sommige van hulle skelm by die verblyf weggeglip en in die moeilikheid beland het.

Nadia, Katja en Sonel verklap hulle het nuwe liefde in hulle lewens.

Die deelnemers gee hulle mening oor die negatiewe kommentaar wat hulle op sosiale media gedurende die uitsending van die reeks ontvang het. Volgens Rachelle is dit nie reg dat daar in die vroue se karakters ingeklim is nie.

Brendan en Janae maak dit duidelik nie een van hulle het ‘n verantwoordelikheid in die verhouding wat tans tussen hulle is nie. “Ons het saam besluit dat ons net op ons goedjies gaan fokus, maar ons gaan daar wees vir mekaar. Ons gaan in mekaar se lewens bly.”

Bronne: kykNET, Terloops

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief