Steve se Janine in hospitaal opgeneem

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr se vrou, Janine, is Maandag vir waarneming in ‘n hospitaal opgeneem.

“My vrou is Maandag opgeneem vir waarneming. Dankie vir SOVEEL goeie wense en ondersteuning. Ons lewe sonder haar is maar saai.”

In kommentaar het hy gesê hule is by sy vrou en sy lees die beterskapwense wat op sosiale media vir haar gestuur is.

“Sy lyk goed en reageer goed op die toetse. Romy-lee speel met die outomatiese beddens!”

In sy video-opname sê Steve Romy-lee sorg dat hulle betyds vir besoeke by Janine uitkom.

Steve Hofmeyr het op 3 April gesê hy is siek. Op 4 April het hy gesê hy en Janine is siek en hoop dit is iets wat binne 24 uur sal opklaar.

Hy het hulle simptome as swakheid, naarheid en duiseligheid beskryf.

Hofmeyr het wel sy optredeverpligtinge ondanks sy simptome nagekom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief