GAUTENG. – ‘n Veiligheidsbeampte, vermoedelik in sy 30’s, is Donderdagaand in Irene, Centurion, by ‘n landbounavorsingsfasiliteit in die gesig geskiet.
CERT (Community Emergence Reaction Team) sê hulle is omstreeks 23:35 na die toneel van die skietvoorval.
Die veiligheidsbeampte het uit sy wagkamer beweeg om die perseel te patrolleer toe verdagtes hom glo buite ingewag het. Hy is in die gesig geskiet en ernstig beseer.
Hy is op die toneel behandel voordat hy met ‘n Netcare 911-lugambulans na ‘n vlak 1-traumafasiliteit gevlieg is.
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.
“Thanks to Monitor Net , SRU Strategic Response Rescue Unit , Tracker South Africa , Lyttleton SAPS, Safe City Projects , Prime Africa Security, Emer-G-Med (Pty) Ltd , and Netcare911 HEMS, for the assistance on the scene.”





