MOUNTVIEW, KZN. – Miya (5), ’n skilpad, is vanmiddag uit die erf van ’n brandende huis in Mountview gered nadat ontruimings plaasgevind en sy agtergelaat is.
Volgens Reaction Unit South Africa is hulle omstreeks 13:30 na ’n huisbrandvoorval ontbied. Met hulle aankoms op die toneel het die bure genoem ’n skilpad is agtergelaat toe die inwoners die brandende huis ontruim het.
Miya is na ’n vinnige soektog opgespoor en na veiligheid geneem. Die vlamme is ook intussen geblus.
Kyk die video hier.

Bron: Rusa





