Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het hulle weervoorspelling vir die naweek uitgereik. ’n Geelvlak 2-waarskuwing van deinings van tussen 4 en 5 m hoog, is vir die Oos-Kaapse kusgebied tussen Port St Johns en Port Edward uitgereik.
Saterdag is die grootste gedeelte van die land gedeeltelik bewolk met mooiweer. Geïsoleerde reënbuie is moontlik in die gebiede rondom Kimberley, Bloemfontein, Aliwal-Noord tot by Ermelo. Die Noord-Kaap is warm, terwyl die ander provinsies koel weer sal ervaar. Die areas rondom die Lesotho-grens sal kouer temperature hê.
Sondag is daar die moontlikheid van verspreide buie oor die ooskus vanaf Oos-Londen tot by Richardsbaai. Limpopo en die Noord-Kaap sal warm tot baie warm wees. Die res van die land sal koel weer ervaar.
Die moontlikheid van reën sal Maandag oor die ooskus en binneland voortduur. Die Wes-Kaap sal stelselmatig warmer temperature begin ervaar.
Die SAWS se weervoorspelling:



Bron: SAWS





