LESOTHO. – Dit is nie net Suid-Afrika wat die afgelope ruk verwoestende weerstoestande beleef nie. ’n Video word op sosiale media versprei van die Maseru Mall in Lesotho wat ernstige skade tydens ’n storm opgedoen het.
Die winkelsentrum is tans gesluit sodat die skade bepaal kan word. Verskeie motors het ook skade opgedoen. Volgens die kommentaar op die video het die storm met hael gepaardgegaan.
Die volgende beeldmateriaal is op sosiale media geplaas:
#Lesotho: #Breaking massive storm causes havoc in #Maseru forcing almost the entire #Maseru_Mall to temporarily shut down as management inspect damage. Several cars have also been severely damaged. Video supplied by #Paul. @Sophie_Mokoena #sabcnews pic.twitter.com/dFtv7IYFYs
— Rapelang Radebe (@ntateRaps) April 15, 2024
Bron: X





