Brekende Nuus
Afrikaans

Drie wat glo met infrastruktuur peuter in arres

Drie verdagtes wat glo batterye by 'n substasie verwyder het, is deur die polisie in hegtenis geneem.

Foto: SAPD
Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Drie verdagtes wat beskuldig word dat hulle met noodsaaklike infrastruktuur gepeuter het, is Donderdag in Kimberley in hegtenis geneem.

Sers. Timothy Sam sê die span vir ernstige georganiseerde misdaadondersoeke het inligting opgevolg van drie werknemers van ‘n subkontrakteur wat die substasie in North Circularstraat binnegegaan en agt batterye verwyder het.

Die verdagtes is in hegtenis geneem nadat die gesteelde batterye by ‘n huis in Mogulpark gevind is.

Lt.genl. Koliswa Otola het die lede vir hulle vinnige optrede geprys. Die verdagtes sal in die Kimberley-landdroshof verskyn.