Bejaarde man se liggaam by Gqeberha-gholfklub gevind

Lees ook :

Bejaarde man se liggaam by Gqeberha-gholfklub gevind. Foto: Luister FM

GQEBERHA, OOS-KAAP. – ’n Bejaarde man (62) se liggaam is Vrydagaand in ’n bosagtige deel van die Gqeberha-gholfklub gevind.

Volgens kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, is die onbekende man se liggaam omstreeks 23:00 Vrydagaand ontdek. Die man het na bewering kop-en-gesigbeserings opgedoen.

Beetge sê die vermoede bestaan dat die man haweloos was en in die area gebly het.

 Mountweg SAPD ondersoek ’n saak van moord.

Bronne: Luister FM, Herald Live

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief