PORT SHEPSTONE, KZN. – Vier persone is vanoggend dood in ’n ongeluk op die N2 naby Port Shepstone.
Die bestuurder van ’n bakkie het volgens die nooddienste beheer verloor en gerol. Met die nooddienste se aankoms op die toneel het hulle een persoon met kritieke beserings aangetref.
Nog vier persone het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die beseerde is na ’n hospitaal vir verdere mediese behandeling geneem.
Bronne: South Coast Herald, Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa





