FICKSBURG, VRYSTAAT. – Rudi Gericke (39) is Vrydag in die Ficksburg-hooggeregshof tot 12 jaar gevangenisstraf deur regter Suzanne Boonzaaier gevonnis vir die moord op Evan Sorour (28) in Januarie 2023.
Evan, ‘n jong boer en sy pa, Reuter, is op 8 Januarie 2023 deur Gericke aangeval nadat van hulle beeste deur die grensdraad gebreek het, en hulle die beeste probeer terugjaag het.
Reuter is ernstig aangerand, maar het met sy seun, wat vyf skietwonde opgedoen het, na ’n hospitaal gehaas. Evan het onderweg aan sy beserings beswyk. Gericke het ook twee skietwonde tydens die oor-en-weer-skietery opgedoen.
Sy gesondheid is na bewering swak as gevolg van die skietwonde wat hy tydens die voorval opgedoen het.
Gericke is ook ’n bykomende twee jaar vir die aanranding op Reuter gevonnis. Dit sal gelyklopend met die 12 jaar vonnis uitgedien word.
Bronne: OFM Nuus, Radio Rosestad





