MIDDELBURG, OOS-KAAP. – ’n Vragmotor het vanoggend omstreeks 07:00 op die N9 by die noordelike ingang van Middelburg aan die brand geslaan nadat dit in ‘n ongeluk betrokke was.
Omstanders het begin om die vrag van die vragmotor te steel terwyl dit aan die brand was. Die pad is gesluit terwyl opruimingswerk gedoen is.
Owerhede was op die toneel. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekendgemaak nie.
Bronne: Graaff-Reinet Advertiser, PE Traffic Updates





