GROBLERSDAL, LIMPOPO. – Piet Groenewald (63) en sy stiefseun Stephan Greeff (23) se appèlaansoek om borgtog is Vrydag deur die adjunk-regterpresident van Limpopo, Violet Semenya, toegestaan. Hulle is elkeen op borg van R5 000 vrygelaat.
Die twee mans is van 18 Januarie in aanhouding sedert ’n insident die vorige dag. Hulle word daarvan aangekla dat hulle ’n veiligheidshond op Veneruru Kavari (30), wat in diens van Groenewald se veiligheidsmaatskappy, Wildlife Investigation & Protective Services was, losgelaat het.
Kavari is in die voorval beseer en het ’n saak van aanranding teen beide mans gemaak.
Groenewald en Greeff se borgtogaansoeke is sedertdien telkemale uitgestel voordat dit amptelik op 12 Februarie 2024 geweier is. Hulle het dadelik appèl aangeteken.
Volgens regter Semenya kon die aanklaers nie voldoende bewyse verskaf dat die aangeklaagdes ’n vlugrisiko inhou nie.
Bronne: Bittereinders, Sowetan Live





