Skoolmeisie beland in bendes se spervuur

Lees ook :

Skoolmeisie beland tussen bendes se spervuur. Foto: Ian Cameron Facebook

ATHLONE, WES-KAAP. – ’n Meisie (16) is Vrydag dood toe sy in die spervuur van bendeskietery beland het.

Volgens kol. André Traut is verskeie skote rondom 12:30 in Canalweg, Athlone, afgevuur waartydens ’n man (20) dood is. Die skoolmeisie is ook getref terwyl sy by Hoërskool Belgravia in Vleiweg se hekke vir vervoer gewag het.

Die verdagtes het vanaf die toneel gevlug. Volgens kol. Traut was dit twee opponerende bendes wat by die skietvoorval betrokke was.

Enigiemand wat inligting oor die voorval het, word aangemoedig om die misdaadvoorkomingsnommer 08600 10111 te skakel.  

Bron: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief