FlySafair het Sondag met vlug FA212 vanaf OR Tambo- internasionale lughawe onderweg na Kaapstad omgedraai nadat ‘n wiel tydens opstyg beskadig is.
In ‘n verklaring sê ORTIA grondpersoneel het die skade gesien en die lugbemanning is in kennis gestel, waarna daar besluit is om om te draai.
Geen beserings is aangemeld nie. Op sosiale media is lof vir die vlieënier en bemanning uitgespreek.
Romeo Nkoulou Ella: “We’ve landed safely back to Johannesburg. The pilot and the entire SAFAIR crew did an amazing job at keeping everyone calm and safe. Now waiting to disembark.”
Dit is nie die eerste keer in ‘n kort periode wat probleme met FlySafair-vlugte op sosiale media vermeld word nie.
Maggie Bester: “This happend to us last Friday also with FlySafair the 12th of April, we had to fly from Bloem to Cape Town, flight was delayed for 4 hours due to technical problems what going on at FlySafair? Our flight was for 08:45 we only left Bloemfontein at 11:50.”
Vyf dae gelede het FlySafair soos volg op hul Facebook-blad reageer nadat ‘n vlug onderweg van ORTIA na George moes terugkeer en ongeveer ‘n uur en ‘n half later met ‘n ander vliegtuig van die maatskappy weer van ORTIA kon vertrek: “Hi, FA250 returned to bay due to a technical issue, but was able to depart again. We sincerely apologise for the inconvenience caused by the delay. – AP”

Foto: Olivia Crooks

Foto: Rakhuduwe Moloi Evans






