SA spog eersdaags met nuwe bestuurderslisensiekaarte

Lees ook :

Foto: Caxton Network News

Nuwe bestuurderslisensiekaarte sal na verwagting voor die einde van April gedruk word.

Sindisiwe Chikunga, die minister van vervoer, het aangedui die vervoerdepartement is op die punt om die masjien vir die druk van die kaarte aan te skaf.

Wanneer die nuwe sisteem in gebruik is, sal die nuwe kaarte binne vyf dae beskikbaar kan wees, wat nege dae vinniger as tans is. Die kaarte sal vir agt jaar geldig wees. Huidige kaarte sal tot 31 Maart 2029 geldig wees.

Die nuwe bestuurderslisensiekaart sal aan nuwe slimkaart-tegnologie gekoppel wees en sal nuwe verbeterde veiligheidskenmerke hê. Dit sluit biometriese data, hologramme en watermerke, om bedrog te verminder, in.

Die kaart sal met internasionale inligtingstegnologie versoenbaar wees (ISO 18013).

Bronne: Caxton Network News, Higveld Newspaper, Kempton Express, Ridge Times Newspaper

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief