Bestuurder vlug na vier in minibustaxi-ongeluk sterf

Lees ook :

Bestuurder vlug na vier sterf in minibustaxi-ongeluk. Foto: Rusa

UMDLOTI, KZN. –  Vier mense is dood en nog nege Sondag in ’n minibustaxi-ongeluk op die M4 naby Umdloti beseer toe hulle teen ’n pilaar gebots het.

Volgens Reaction Unit South Africa was hulle omstreeks 19:30 op die toneel. Die beseerdes is behandel voor hulle na verskeie hospitale vir verdere mediese behandeling geneem is.

Die bestuurder van die Toyota Quantum het volgens Rusa op die vlug geslaan.

Bronne: Reaction Unit South Africa, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief