Vrou spring uit taxi na beweerde verkragtingspoging

Lees ook :

Vrou spring uit taxi na beweerde verkragtingspoging. Foto's: Rusa

DURBAN, KZN. – ’n Vrou het Saterdag uit ’n minibustaxi gespring toe die kondukteur haar na bewering probeer verkrag het.

Volgens Reaction Unit South Africa het die vroulike student Saterdag by haar kollege in ’n minibustaxi geklim. Die taxi het in die rigting van Durban se sakekern gery en passasiers langs die pad afgelaai.

Nadat die laaste passasier glo uit die voertuig is, het die kondukteur na bewering aangedring dat sy haar selfoon, rugsak en geld oorhandig.

Die vrou het haar na bewering probeer verdedig, maar is na die agterkant van die taxi forseer. Die kondukteur het haar glo probeer verkrag, waarna sy ’n venster uitgeskop en na buite uit die bewegende taxi gespring het.

Sy het kopwonde, sowel as beenwonde opgedoen. Volgens haar het die taxi aanhou ry.

’n Saak is by die SAPD geopen en sy het behandeling vir haar wonde ontvang.

Enigiemand met inligting of wat ’n ooggetuie was, word aangemoedig om Rusa by 086 123 4333 te kontak.

Bronne: Reaction Unit South Africa, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief