GQEBERHA, OOS-KAAP. – ’n Chinese toeris (50) is dood verklaar nadat hy Sondag bewusteloos uit ’n skubaduiksessie in Port-Elizabeth-hawe gekom het.
Die Nasionale Seereddingsinstituut is omstreeks 10:45 na die toneel ontbied waar ’n gehuurde boot amper twee kilometer vanaf die hawe-opening was.
Met hulle aankoms by die boot het die bemanningslede noodhulp op die bewustelose man toegepas. Die NSRI het oorgeneem, maar alle pogings om sy lewe te red, was onsuksesvol. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die SAPD was op die toneel en die voorval word ondersoek.
Bron: NSRI





