Seekoeibul is toe eintlik seekoeikoei

Lees ook :

Seekoeibul is toe eintlik seekoeikoei. Foto: Insider Paper

JAPAN. – ’n 12-jarige Seekoei, Gen-chan, is aanvanklik as ’n seekoeibul geïdentifiseer met haar aankoms by Osaka Tennoji-dieretuin in Japan. DNS-toetse het onlangs onthul dat sy egter ’n seekoeikoei is.

Sy het in 2017 in Japan aangekom vanaf die Africam Safari dierepark in Meksiko. Haar dokumentasie het haar as ‘n bul geklassifiseer.

Werkers by die dieretuin het onraad vermoed toe sy nie die tipiese gedrag van seekoeibulle getoon het nie. Sy het haar ook nie aan seekoeikoeie gesteur soos wat gewoonlik die geval met seekoeibulle is nie.

’n Eksterne laboratorium is genader om DNS-toetse op haar te doen. Almal se vermoedens is bevestig toe dit uitkom dat sy wel vroulik is.

Bronne: BBC, Mainichi, France 24

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief