DANIËLSKUIL, NOORD-KAAP. – Die liggaam van ’n vrou (20) is Sondagmiddag deur kinders in ’n veld in die Sloja-nedersetting by Daniëlskuil ontdek.
Volgens lt.kol. Sergio Kock is die polisie omstreeks 13:40 Sondagmiddag na ’n toneel by die ZCC-kerk in die Sloja-area ontbied waar ’n vrou se liggaam met veelvuldige steekwonde aan haar bene en voete ontdek is.
’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Enigiemand met inligting word aangemoedig om AO Mark Rhode by 082 495 4681 te kontak.
Bron: SAPD





