KAAPSTAD, WES-KAAP. – Die Stad Kaapstad het ’n tender aan Lesedi TechnoServe Consortium vir die ontwikkeling van die stad se Atlantis- sonkragfotovoltaïese (PV) aanleg toegeken.
Konstruksie van die aanleg behoort in Augustus vanjaar te begin en sal binne 12 maande voltooi wees. Volgens die Stad Kaapstad sal die 7 MW netwerk-gekonnekteerde sonkragaanleg ’n tree in die regte rigting wees om die impak van beurtkrag te verminder.
Hulle beplan om moontlik ’n aantal eenderse aanlegte in die stad oor die volgende jare te ontwikkel.
Die projek is tans in sy gedetailleerde ontwerpfase en die oordrag van krag na die netwerk behoort teen einde 2025 plaas te vind.
“This project will also contribute to achieving the City’s goal of net-zero buildings by 2030. The renewable energy generated from the Atlantis Solar PV project will offset electricity consumption in municipal buildings, therefore reducing carbon emissions associated with the City’s operations.”
Bron: City of Cape Town





