Kyk: M1-hoofweg Woensdag weens brand gesluit

Lees ook :

Kyk: M1-hoofweg Woensdag gesluit weens brand. Foto: Sowetan Live

JOHANNESBURG, GAUTENG. – Die M1-hoofweg is Woensdag vir ’n wyle gesluit nadat ’n ondergrondse brand tussen Empireweg en die Crown-wisselaar uitgebreek het.

Volgens Robert Mulaudzi, woordvoerder van Johannesburg-EMS, het ondergrondse kabels glo die brand veroorsaak. Hy sê die brand het vroeg die oggend uitgebreek.

Die ondergrondse kabels het grotendeels Braamfontein en omliggende dele se kragtoevoer ondersteun. Verskeie areas is sonder krag gelaat.

Swart rook het die lug uit ondergrondse tonnels gevul. Geen beserings is aangemeld nie.

Die volgende beeldmateriaal is op sosiale media geplaas:

Bronne: EWN, The Citizen, SABC, Times Live

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief