Weeklikse Woensdag-resep: Soetpatats

Lees ook :

Weeklikse Woensdag-resep: Soetpatats

Marinda Engelbrecht help ons om patats soet en heerlik te kook. Die resep is maklik en ideaal vir ’n vinnige bykos.

BESTANDDELE:

1 kg geskilde patats wat in dik ringe gesny is

100 g botter

145 ml suiker

100 ml heuning

3 pypkaneelstokkies

METODE:

  1. Kry ’n diep pan op die stoof gereed.
  2. Bedek die bodem van die pan met ’n lagie botter.
  3. Pak ’n laag patats bo-op.
  4. Gooi botter, heuning en suiker en kaneel oor.
  5. Herhaal tot alles op is.
  6. Stel die plaat redelik hoog en sit die deksel op.
  7. Kook tot die patats sag en die stroop taai is.

Bron: Marinda Kook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief