VRYSTAAT. – Christo Morrison (76) en Christa Morrison (73) is Saterdag vermoor op hulle plaas naby Glen ontdek.
Ian Cameron sê Christo Morrison was glo eers aan ‘n vurkhyser vasgemaak en gemartel en gesteek, toe mee rondgery en daarna in ‘n boorgat gegooi.
Nuusflits het voorheen soos volg berig:
‘n Man (76) en sy vrou (73) is Saterdag vermoor op hulle plaas naby Glen deur die polisie ontdek nadat ‘n buurman hulle nie op hul selfone kon bereik nie.
Sers. Mahlomola Kareli sê die bekommerde buurman het die polisie gebel.
Die plaashuis se deure was oop. Die vloere was bebloed en die huis was geplunder, maar die egpaar was nie in die huis nie. ‘n Mannejag na die egpaar en die verdagtes is dadelik deur die nag geloods.
Die man se liggaam is ongeveer 300 meter van die huis aangetref en sy vrou se liggaam in die septiese tenk. Hulle het oop wonde aan hulle bolywe gehad en is op die toneel dood verklaar.
Gereedskap en elektroniese items is uit die huis gesteel. Die oorlede egpaar se Toyota Land Cruiser is naby Brandfort gevind.
Die Glen-polisie ondersoek sake van huisroof en moord.
Enigiemand met inligting kan kol. Ben Bolsiek by 082 466 8530 bel.





