SA anti-dwelm organisasie reageer op Elton Jantjies-bewerings

Lees ook :

Suid-Afrikaanse anti-dwelm organisasie reageer op Elton Jantjies-bewerings
Suid-Afrikaanse anti-dwelm organisasie reageer op Elton Jantjies-bewerings fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Elton Jantjies sê hy sal binnekort weer rugby speel

Elton Jantjies het die week in ’n plasing op sosiale media gesê hy gaan gouer terugkeer na rugby “as wat jy dink”.

Jantjies is vir vier jaar geskors na hy verlede jaar positief vir ’n verbode middel getoets het. Hy het nie sy reg uitgeoefen om sy saak voor ‘n onafhanklike paneel in Januarie te laat verhoor nie. In die video sê Jantjies hy het “bewyse en feite teen baie van die organisasies” wat hom getoets het. Hy het ook gesê hy is onskuldig.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) het Jantjies se bewerings verwerp. Volgens Khalid Galant, die hoof van die instituut, het niks verander nie. Hy het gesê: “Wat ook al op sosiale media versprei word, sal net daar bly. Die saak is afgehandel”.

Volgens The South African het Galant gesê daar is geen appèl of ander ontwikkeling in die saak nie. Hy het gesê Jantjies moet sy skorsing vir vier jaar uitdien.

Bronne: Planet Rugby, SA Rugby Magazine, The South African

Lees ook: Elton Jantjies sê hy sal binnekort weer rugby speel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief