[t4b-ticker]

Weeklikse Woensdag-resep: Groenteslaai

Lees ook :

Weeklikse Woensdag-resep: Groenteslaai

Hierdie heerlike groenteslaai is perfek vir by ’n braai of as ligte ete. Daar is nog genoeg tyd voor die winter om dit te probeer.

BESTANDDELE:

1 kop blaarslaai

1 botteltjie agurkies na smaak

3 rou wortels

1 pak spekstukkies

1 blik heelpitmielies

1 medium pak gevriesde ertjies

1 blok cheddarkaas

1 groot bottel mayonnaise

1 blik kondensmelk (opsioneel)

METODE:

  1. Kry ’n slaaibak gereed.
  2. Snipper die blaarslaai en gooi onder in bak.
  3. Rasper die wortels en strooi oor die blare.
  4. Gooi die mielies bo-oor die wortels.
  5. Braai die spek en gooi dan oor.
  6. Sny die agurkies op en gooi bo-oor.
  7. Gooi ertjies wat steeds gevries is in ’n dik laag bo-oor.
  8. Meng die kondensmelk en mayonnaise goed en gooi bo-oor.
  9. Rasper die kaas en strooi genoeg oor.
  10. Bedek die bak met ’n deksel of foelie en plaas in die yskas vir ten minste 24 uur.

Bron: Bak en Brou – Hazel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief