WES-KAAP. – Teen 05:30 vanoggend is 36 persone reeds uit die puin in Victoriastraat gered, waar ‘n woonstelgebou onder konstruksie Maandagmiddag net na 14:00 in duie gestort het. Sewe van hulle het omgekom.
Premier Alan Winde sê meer as 200 persone, wat reddingspersoneel en vrywilligers insluit, soek steeds onverpoos na nog 39 persone in die bourommel. Van die persone wat reeds uitgehaal is, is 16 in ‘n kritieke toestand. Ses persone het lewensbedreigende beserings opgedoen en sewe is gering beseer.
Altesaam 75 persone was aan diens toe die woonstelgebou in duie gestort het. Die reddingsoperasie is nou al 43 uur aan die gang.
George Herald het twee video-opnames gedeel van persone wat lewendig uit die puin gehaal is.





