ST. PETERSBURG, RUSLAND. – Ten minste vier mense is dood en ses beseer toe ’n passasiersbus Vrydag in die Moika-rivier vanaf ’n brug in St. Petersburg se middestad gery het.
Volgens verkeerskameras het die busbestuurder (44) probeer om ’n U-draai te maak voordat hy neus eerste die water in is. Hy het glo beheer oor die bus verloor.
Die bus het nagenoeg 20 passasiers vervoer. Ses van hulle het self uit die water geklim, terwyl ander met reddingsbote gehelp moes word.
Die bestuurder is vir roekelose bestuur en die verontagsaming van verkeerswette in hegtenis geneem. Indien hy skuldig bevind word, kan hy tot sewe jaar tronkstraf gevonnis word.
Die volgende beeldmateriaal is op sosiale media gedeel:
Bus in Russia https://t.co/Da1LOYAqMe pic.twitter.com/v984TC4S8h
— Igor Sushko (@igorsushko) May 10, 2024
Bronne: Reuters, ABC, Moscow Times, X





