POTCHEFSTROOM, NOORDWES. – Sers. Gaogakwe Mabaso, ’n passievolle K9-hanteerder van die SAPD, het ’n lofbewys ontvang terwyl sy brandsnuffelhond, Erin, ’n medalje vir toewyding ontvang het.
Die oorhandiging het tydens ’n weeklikse parade by Westpol Square plaasgevind.
Die erkenning is in verband met ’n moord-, roof- en brandstigtingsaak waarby sers. Mabaso en Erin betrokke was. Die misdade het op 10 Oktober 2018 in Madikwe plaasgevind.
Sers. Mabaso en Erin se samewerking en noukeurige navolging van prosedure het daartoe gelei dat vier verdagtes gearresteer is en lewenslange vonnisse ontvang het.
Maj.genl. Ganasen Naidoo, adjunk- provinsiale kommissaris vir ondersteuningsdienste, het hulle bedank vir hulle toewyding en lojaliteit tydens die ondersoekproses.
Bron: SAPD





