George-ramp: Oomblik van stilte terwyl dodetal steeds styg

Lees ook :

Foto: George Munisipaliteit

WES-KAAP. – ‘n Oomblik van stilte was om 14:09 in George gehou om respek te betoon aan diegene wat presies ‘n week gelede in die ineenstorting van die gebou in Victoriastraat gesterf het. Die dodetal het intussen tot 30 gestyg.

George-munisipaliteit sê: ” Ter herinnering aan die tragiese gebou-ineenstorting in Victoriastraat ‘n week gelede het die gemeenskap en inwoners van George en Suid-Afrika ‘n minuut van stilte gehou om die lewens wat verlore is te eer en kollektiewe hartseer en ondersteuning vir die geaffekteerde gesinne uit te spreek.”

Reddingswerkers en rolspelers is reeds meer as 169 uur op die ramptoneel besig om te soek na oorlewendes en die liggame van diegene wat in die ramp omgekom het.

Tot op hede is 59 persone uit die puin gehaal waarvan 30 oorlede is. Altesaam 13 persone is steeds in die hospitaal en daar word steeds sonder ophou na nog 22 persone gesoek.

Terwyl die fokus steeds op redding is, word planne uiteengesit om die uitkenning van oorledenes met behulp van patologiese dienste en die polisie te doen, sodat families afsluiting kan kry. Familielede word steeds versoek om vermiste geliefdes se name na die George-burgersentrum in Yorkstraat te neem sodat die korrekte inligting gekry kan word.

Soos voorheen versoek, is daar steeds behoefte vir professionele sielkundige ondersteuning in Chewa, Portugees en Shona om die oorlewendes en families by te staan. Indien u kan bystand verleen, bel Koliswa Jobela by 078 210 5972 of Apolus Swart by 061 504 4205.

Inligting word dubbeld nagegaan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief