Waarskuwing! Die grafiese aard en kru taal in die video-opnames kan sensitiewe persone ontstel.
Police casspir overturns. It is believed another vehicle crashed into it: Western Cape.#CrimeWatch pic.twitter.com/kdwTSQRbHV
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) May 13, 2024
Video per WhatsApp ontvang
WES-KAAP. – ‘n Ondersoek is deur die polisie geloods, nadat ‘n gepantserde voertuig van publieke orde-polisiëring vanoggend omstreeks 09:05 op die N1, Kraaifontein in die rigting van die Paarl, gerol het.
Kol. André Traut sê nege polisiebeamptes was in die Nyala verbonde aan OOP se basis in Faure toe dit gerol en op die middelman beland het.
Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie en geen gevangenes het ontsnap soos tans op sosiale media gegis word nie.
Die omstandighede van die ongeluk word ondersoek en lede word vir hulle beserings behandel.





