SA vra Internasionale Geregshof om Israel uit Rafah te laat onttrek

Lees ook :

Suid-Afrika vra Internasionale Geregshof om Israel uit Rafah te laat onttrek
Suid-Afrika vra Internasionale Geregshof om Israel uit Rafah te laat onttrek fotokrediet; Canva

Lees ook: Suid-Afrika weer vandag in Internasionale Geregshof oor Israel

DEN HAAG. – Suid-Afrika het Donderdag by die Wêreldhof aangevoer Israel se aanval op Rafah is deel van die plan om Gaza totaal te vernietig.

Die land het die Internasionale Geregshof gister gevra om Israel te beveel om onmiddellik uit Rafah te onttrek. Suid-Afrika het gevra Israel moet ook noodwerkers, joernaliste en ondersoekers toelaat om Gaza binne te gaan.

Die Suid-Afrikaanse regspan het gesê Israel ignoreer die hof se vorige bevel oor tydelike maatreëls en moet gekeer word voor dit Gaza heeltemal vernietig.

Israel sal vandag hulle saak in die verhoor stel.

Bronne: Jacaranad FM, SABC, BusinessLIVE, EWN

Lees ook: Israel dood per ongeluk vyf eie soldate

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief