Lees ook: Internasionale Geregshof sal verhoor hou oor SA-aansoek teen Israel
DEN HAAG. – Suid-Afrika spreek vandag die Internasionale Geregshof toe oor sy versoek verlede week dat Israel sy offensief teen Rafah moet beëindig. Die verhoor is die gevolg van Suid-Afrika se beskuldiging dat Israel die Volksmoordkonvensie oortree het deur Gaza en Rafah aan te val.
Suid-Afrika het verlede week weer die Internasionale Geregshof genader om te versoek dat Israel uit Rafah onttrek.
Die land het drie noodmaatreëls versoek – Israel moet onmiddellik sy militêre operasie in Rafah opskort en moet noodwerkers, ondersoekers en joernaliste ongehinderd in Gaza toelaat.
Ook moet Israel verslag doen oor oor hulle pogings om aan die eerste twee versoeke te voldoen.
Israel stel môre sy saak.
Bronne: DW – South Africa, ECR, EWN
Lees ook: Internasionale Geregshof sal verhoor hou oor SA-aansoek teen Israel





