Twee leeuwelpies uit huistuin gered

Lees ook :

Twee leeuwelpies uit tuin gered. Foto's: SPCA en Warren Schultz

DURBAN, KZN. – Twee leeuwelpies is Sondag uit ’n tuin in Westville gered. ‘n Huishoudelike werker het aanvanklik gedink dit is honde.

Sy het die leeuwelpies in ’n huis se tuin opgemerk en die DBV en sekuriteitsbeamptes na die toneel ontbied.

Die DBV kon toegang tot die huis in die Glenheath Place-gebied verkry en het die welpies suksesvol verwyder.

Volgens die DBV is die welpies gesond en  na ’n plek van veiligheid geneem. Volgens berigte is daar na bewering een persoon in hegtenis geneem en nog een word ondervra.

Die herkoms van die leeus is nog nie bekendgemaak nie.

Bronne: SPCA, IOL, ECR  

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief