Nuwe modus operandi vir ‘spiking’ met motorfietse, terwyl voertuie steeds teikens is

Lees ook :

Foto's: Yusuf Abramjee X-profiel

GAUTENG. – ‘n Motorfietsbestuurder het gisteraand in die Brakpan-area in ‘n tou wat oor ‘n pad gespan was, vasgery. Hy is glo van sy motorfiets beroof.

Yusuf Abramjee van Crime Watch het die inligting op X gedeel. ‘n Saak is by Brakpan-polisiestasie aangemeld. Die area is ontbos om nog moontlike voorvalle te voorkom.

Nog ‘n persoon is omstreeks 01:00 die oggend op die N4 deur booswigte met ‘n spykerstrook geteiken, terwyl hy na die Arnot-afrit onderweg was. Die persoon het met Middelburg Observer gepraat en verkies om nie geïdentifiseer te word nie.

In ‘n ander voorval is daar op die N1 in ‘n noordelike rigting, naby Ludwig’s Roses in die Walmansthall-omgewing toegeslaan. Die vroulike slagoffer is deur die polisie bygestaan.

Intussen sê die Tshwane-metropolisie hulle is bewus van toenemende voorvalle op veral die hoofweë. Sigbaarheid is saam met die SAPD en ander rolspelers verhoog. Tot dusver is slagoffers van voertuie wat deur penne ry suksesvol bygestaan, voordat enige ander misdaad gepleeg kon word. Enige voetganger op hoofweë word deursoek en verwyder.

Die volgende brandpunte is deur TMPD geïdentifiseer:

Die N4-hoofweg in ‘n oostelike rigting tussen Wonderboom en Bronkhorstspruit, die N4-hoofweg tussen Doornpoort-tolplaza en Brits-tolplaza, Die Mabopane-hoofweg tussen Es’kia Mphahlelerylaan en Ruth Firstweg, asook die N1-hoofweg tussen die Carousel en Maubane-brug.

Kyk na die verklaring van die TMPD hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief