KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (42) se liggaam is vanoggend in Mhlasini gevind waar hy gehang het nadat sy vrou bekommerd was oor ‘n Facebook-plasing.
Reaction Unit South African sê hulle is omstreeks 08:30 vir hulp ontbied. Met aankoms is die liggaam van die man op die vloer van sy kamer gekry. Volgens sy vrou het sy omstreeks 06:00 werk toe gegaan. Sy het ‘n plasing van haar man op Facebook gesien waarin hy aangedui het hy kan moontlik sy eie lewe neem, waarna sy die bure gekontak het om te gaan kyk. Die bure het glo die deur oop gevind en toe op die buurman afgekom wat aan ‘n dakbalk hang. Die liggaam is losgesny en op die vloer geplaas.
Omstandighede van die selfdood is nie bekend nie.





