Lees ook: Federale Lugvaartadministrasie kry fout op Boeing wat ontploffing kan veroorsaak
VK. – ‘n Tegnologiekenner glo hy het die vermiste MH370-vliegtuig van Malaysia Airlines in die Kambodjaanse oerwoud “gevind”.
Ian Wilson het gesê hy glo hy het die MH370 wat in 2014 verdwyn het, opgespoor. Volgens hom kan die gaping van ongeveer 69 m op die Google Maps-beeld van die oerwoud moontlik die vliegtuig wees.
‘n Nuwe ondersoek in Amerika kan tot ‘n nuwe soektog na die verdwene vliegtuig lei. Die MH370 met 239 passasiers en bemanningslede het in 2014 op pad na Beijing verdwyn.
Die Bureau of Aircraft Investigations Archives het gesê die vliegtuig wat al in 2018 op Google Maps gesien is, kan moontlik die MH370 wees.
Bronne: Daily Record, Outlook India, Mirror
Lees ook: Federale Lugvaartadministrasie kry fout op Boeing wat ontploffing kan veroorsaak





